OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Union Stars se A-span het die afgelope naweek by die Bridgton-sportgronde vir Harlequins-magte in 'n SWD Premierliga wedstryd met 6 paaltjies afgeransel.
Harlequins het die loot gewen en besluit om eerste te kolf waarna hulle slegs 82 lopies in die 36ste boulbeurt almal uit kon aanteken.
Vir die weermagspan kon slegs Tshepo Kekane met sy 24 lopies 'n noemenswaardige bydrae maak.
Dillon Nuys (4/20) en Reagon Rhode (3/9) het die beste met die bal vir Stars gevaar. Veral Rhode se boulsyfers is uitsonderlik as 'n mens in ag neem dat hy slegs 9 lopies afgestaan het in die 10 boulbeurte wat hy afgestuur het waarvan vyf boonop leeg was.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant as ook aanyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'