SUID-KAAP KRIEKET NUUS - Union Stars-krieketklub het Ramblers-krieketklub van George Saterdag in SWD Premierliga wedstryd op die Bridgton-sportterrein oortuigend met 134 lopies geklop.
Die tuisspan het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. In hul toegelate 50 boulbeurte het Union Stars 'n skaflike 186/9 op die telbord geplaas.
Le-Roi Bredenkamp (65) en Elridge Booysen (40*) het veral stewige bydraes met die kolf gelewer.
Ramblers is daarna in sy kolfbeurt vir slegs 52 lopies in die 23ste boulbeurt uitgeknikker. Ayabonga Ngondo (4/5). Anver Venter (2/10) en Dillan Nyus (2/17) het die meeste skade met die bal aangerig.
Met hierdie oorwinning het Union Stars nou na die eerste plek op die algehele SWD Premierliga punteleer opgeskuif.
Union Stars se volgende wedstryde is Saterdag teen Pioneers in Plettenbergbaai, gevolg deur nog 'n wedstryd Sondag teen Knysna Kawaliers op Knysna.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'