OUDTSHOORN NUUS - Tornadoes is steeds die voorloper in vanjaar se OPL T20-vlakkiekriekettoernooi nadat die span Sondag vir Dysselsdorp met 65 lopies geklop het.
Die wenspan het eerste gekolf en 132/7 aangeteken waarna Dysselsdorp met 77/9 geantwoord het.
Hungry Lions het Hunters met vier paaltjies geklop. Hunters is vir 'n skrale 32 lopies uitgeboul waarop Hungry Lions geantwoord het met 33/6.
ProStars het hul goeie vertoning van die vorige week opgevolg met 'n oorwinning oor Spartans met 107 lopies.
ProStars het in sy 20 boulbeurte 147/7 aangeteken en hul opponent daarna vir 'n skamele 39 lopies uitgehaal.
De Rust het sy wedstryd Sondag by verstek gewen toe Legends nie vir die kragmeting opgedaag het nie.
Vlakkiekrieket die naweek
Slegs drie wedstryde word komende Sondag gespeel. De Rust pak Hunters op Hunters Park; Teamplayers vat ProStars in 17de Laan aan en Firestones speel teen Leopards op Hunters Park. Al die wedstryde begin 14:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’