OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die SWD-krieketspan het 'n teleurstellend naweek se krieket in Durban gespeel.
Hulle het wel 'n gelykopuitslag in die driedagwedstryd afgedwing, maar 'n vyf paaltjie nederlaag in die eendagwedstryd teen KZN gely.
In die driedagwedstryd was sake baie gelykop na die twee spanne se eerste kolfbeurte.
SWD het eerste gekolf en 337 lopies aangetrek.
KZN het met 387/9 geantwoord en met die 50 lopies voorsprong verklaar.
Vir SWD het Neil Hornbuckle (50), Daniel Sincuba (63) en Bailey Aarons (55*) al drie vyftigtalle aangeteken.
Aan die boulkant het Todd Walker (4/52) en Neil Hornbucle (4/71) beide vier paaltjies laat kantel.
In die opvolgkolbeurt is SWD vir 164 lopies uitgeboul. KZN moes slegs 115 lopies slaan om te wen, maar op 91/4 het swak lig KZN van 'n versekerde oorwinning beroof.
Die skeidsregters het besluit spel kon nie voortgaan nie en die wedstryd is onbeslis gestaak.
In die beperkte boulbeurt wedstryd het 'n 70 lopies vierde paaltjie vennootskap tussen Hanno Kotze (73; 83 balle, 6x4, 3x6) en Brendon Louw (48; 61 balle, 4x4) SWD hoop gegee toe hulle almal vir 'n kompeterende 224 lopies uitgeboul is.
KZN het egter met die kolf ingeklim en in die 39 ste boulbeurt met vyf paaltjies staande, 227 lopies losgeslaan.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'