OUDTSHOORN NUUS - Die SWD-krieketskeids-regtersvereniging het verlede Saterdag hul presteerders vir die afgelope seisoen by SWD-krieket se kantore by die Oudtshoorn-sportterrein vereer.
Mario Jansen, president van die SWD-skeidsregtersvereniging, het in sy toespraak gesê dat dit verblydend is om te sien hoeveel vroulike skeidsregters hul staal wys.
Jansen het die hoop uitgespreek dat daar volgende seisoen selfs meer vroulike skeidsregters sal wees.
Kerrin Klaaste het geskiedenis gemaak toe sy die eerste vroueskeidsregter geword het wat met die Skeidsregter van die Seisoen-toekenning weggestap het.
Klaaste het in die Krieket SA Vroue Supertoernooi (Oktober 2021), die KSA Tersiêre A-toernooi in Gqeberha (in Desember 2021), die Khaya Majola Nasionale o. 19-toernooi (Potchefstroom in Desember 2021) en die CSA T20-gemeenskapsbeker in Pretoria gedurende April 2022, behartig.
Gawie Krige, Levesto le Roux en Neville du Plessis het tydens dieselfde geleentheid ere-lidmaatskaptoekennings van SWD-krieket ontvang.
Skeidsregters wat in die onderskeie Six Gun Grill-klubligaeindstryde waargeneem het, het hul sertifikate ontvang: Hulle is voor, van links: Irene Howard, Chumisa Nxangashe, Haroline Rhodes, Asisipho Mafina en Kerrin Klaaste. Agter: Nathan Rhodes, Colin Wildeman, Lorenzo Priessex en Lyndon Volkwyn.
Die skeidsregters is as volg vereer:
Vroueliga
- Asisipo Mafane (wenner)
- Haroline Rhodes (naaswenner)
- Reserwe liga
- Mario Breytenbach (wenner)
- Chumisa Nxangashe (naaswenner)
- Promosie liga
- Lorenzo Preissex (wenner)
- Jacobus le Roux (naaswenner)
- Ywerigste skeidsregter
- Kerrin Klaaste
- Beste vordering as skeidsregter
- Lyndon Volkwyn
- Beste Administrateur
- Innus Rademan
- Premierliga
- Kerrin Klaaste (wenner)
- Nathan Rhodes (naaswenner)
Sertifikate vir vroue wat in verskillende finale gestaan het:
Vroue - T20-liga
- Haroline Rhodes
- Chumisa Nxangashe
- Irene Howard
Vroue-eendagwedstryde
- Asisipho Mafani
- Kerrin Klaaste
- Reserweliga
- Colin Wilderman
- Lorenzo Priessex
Promosie 2
- James Phillips
- Moses Carolus
Promosie 1
- Faizel Samsoodien
- Jacobus Le Roux
Premierliga
- Lyndon Volkwyn
- Nathan Rhodes
Innus Rademan, sekretaris van SWD-krieketskeidsregtersvereniging, ontvang die Administrateurtoekenning van die Jaar.
Lionel du Plessis ontvang namens Neville du Plessis erelidmaadskap van SWD-krieket. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'