OUDTSHOORN NUUS - Die SWD-krieketspan het nou wel met 35 lopies in die eendagwedstryd teen Gauteng Strikers verloor, maar 'n gelykopuitslag afgedwing in die driedag Sunfoil-krieketreeks.
Die Strikers het eerste gekolf in die driedagwedstryd. SWD se Glenton Stuurman het met sy tweede vyf paaltjie aanslag die besoekers tot 219 almal uit beperk.
Stuurman het die vyf paaltjies laat kantel vir slegs 45 lopies.
SWD het in hul eerste beurt geantwoord met 227/8, om die voortou met agt lopies te neem.
In hul tweede beurt het die Strikers 239 lopies aangeteken om SWD met 'n 232 lopies teiken te laat.
Met die einde van die derde dag se spel het SWD op 180/7 gestaan, met Obus Pienaar op 58 nie uit nie.
In die eendagwedstryd het die Strikers se Yaseen Vallie met sy 130 lopies die grondslag vir 'n Strikers oorwinning gelê.
Op 245 het al die Strikers se paaltjies gekantel.
Brendon Louw (47) en Marcello Piedt (43) het SWD hoop op 'n oorwinning gegee, maar met vyf paaltjies plat, vroeg in SWD se kolfbeurt, was Louw en Piedt se goeie vertoning net te min om as wenners van die veld te stap. SWD se laaste paaltjie het op 210 geval.
Opsommende telkaarte
Driedag-wedstryd
Gauteng Strikers - eerste beurt 219: Yassar Cook 32, Dominique Hendricks 28, Tshepang Dithole 26, Glenton Stuurman 5/45, Neil Hornbuckle 2/35.
SWD - eerste beurt: Brendon Louw 47, Marcello Piedt 45, Obus Pienaar 39*, Bailey Aarons 33, Sean Jamison 5/65, Nono Pongolo 2/37.
Gauteng Strikers - tweede beurt 239: Shaylen Pillay 85, Neels Bergh 37, Tshepang Dithole 32, Obus Pienaar 2/19, Sammy Mafokeng 2/36, Marcello Piedt 2/43, Neil Hornbuckle 2/50.
SWD - tweede beurt 180/7: Obus Pienaar 58*, Daniel Sincuba 37, Lotli Sesele 28, Sammy Mafokeng 25*, Nono Pongolo 4/33, Delano Potgieter 2/24.
Wedstryd onbeslis.
Eendag-wedstryd
Gauteng Strikers 245 (48): Yaseen Vallie 130, Dominique Hendricks 35, Shaylen Pillay 23, Hanno Kotze 2/13, Marcello Piedt 2/28.
SWD 210: Brendon Louw 47, Marcello Piedt 43, Daniel Sincuba 29, Chad Claassen 4/32, Neels Bergh 2/23.
Gauteng Strikers wen met 35 lopies.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'