OUDTSHOORN SPORT NUUS - Die Pro Stars het verlede Sondag in 17de Laan die Tornadoes in die kwarteindrondes van die Big Bash T20-vlakkiekrieketliga oortuigend geklop om sy plek in dié toernooi se halfeindronde te bespreek.
Die manne in lemmetjiegroen het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Goeie kolfvertonings deur Jandré van der Ross (51*), Ruaan Fielies (32) en Beano Baartman (21) het bydgedra dat Pro Stars 'n formidable 145 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte kon opstapel.
Die Tornadoes se kolfbeurt het aanvanklik goed begin, maar na die 10de boulbeurt kon hulle ongelukkig nie byhou met die kolftempo nie en moes uiteindelik met 89 almal uit in die 18de boulbeurt, die knie buig.
Pro Stars wen dus met 55 lopies.
Die naweek se halfeindwedstryde
- Pro Stars vs Firestones
- Hungry Lions vs Spartans
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'