OUDTSHOORN NUUSFLITS - Pioneers-krieketklub, wat na die Premierliga gevorder het na verlede seisoen se goeie spel, het hul eerste wen in dié liga aangeteken.
Hulle het Harlequins Magte Saterdag 11 November in Plettenbergbaai met 63 lopies gewen.
Brendon Louw was Pioneers se kolfheld toe hy 91 lopies aangeteken het.
In die wedstryd tussen Union Stars en Pirates Unites, was Obus Pienaar die held van die dag toe hy 79 lopies vir Union Stars geslaan het en daarna drie van Pirates United se paaltjies vir 25 lopies laat kantel het.
Obus Pienaar, Union stars se kolf- en boulheld.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'