OUDTSHOORN NUUS - SWD-krieket is besig om weer die Krieket SA konsessie akademie se krieketweek op Oudtshoorn aan te bied.
Die krieketweek het gister, 18 Januarie begin en duur tot 24 Januarie.
Die streek akademies word uit provinsiale akademies in elke krieketkonsessie gekies.
Volgens Thabang Moroe, waarnemende hoof- uitvoerende beampte van Krieket SA, is die doel van die krieketweek om spelers voor te berei vir provinsiale seleksie, om 'n groter keuse van spelers daar te stel vir provinsiale afrigters om uit te kies, om afrigters se talent te ontwikkel en om eenheid binne provinsiale spanne te bevorder.
"Die akademieweek lê 'n belangrike grondslag vir die toekoms van Krieket SA."
Twee SWD-spelers, Bailey Aarons en Todd Walker is in die Cobras-akademie opgeneem. Paul Adams sal hulle afrig.
Die wedstrydbepalings is:
Donderdag tot Saterdag
Cobras teen Dolphins (Rec), Knights teen Titans (Bridgton) en Warriors teen Lions (Langenhoven Gimnasium).
Maandag tot Woensdag
Cobras teen Knighs (Langenhoven Gimnasium), Titans teen Lions (Rec) en Dolphins teen Warriors (Bridgton).
Sondag sal die spelers rus.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'