OUDTSHOORN KRIEKET NUUS - Die Oudtshoorn Premierliga vlakkiekrieket-ontwikkelingstoernooi het dié naweek begin nadat die opwarmingswedstryde verlede week afgehandel is.
Altesaam 12 plaaslike vlakkiekrieketspanne ding vanjaar mee en is in twee groepe opgedeel.
Hulle is Hungrylions, Neppon Warriors, Dreamteam, RCB, Moonboys, Spartans, Prostars, Legends, Firestones, Exstreams en die Spoilers.
Vanjaar is die vyfde bestaansjaar van dié toernooi en Die Hungry Lion-krieketspan is tans die verdedigende kampioene. In die wedstryd wat die Oudtshoorn Courant by die Toekomsrus-kliniek bygewoon het tussen Hungry Lions en Die Moon Boys, het die verdedigende kampioen in sy toegelate 20 boulbeurte 'n reusetelling van 154 lopies vir die verlies van agt paaltjies op die telbord geplaas.
Die Moon Boys kon in sy kolfbeurt nie kop of stert uitmaak nie en is met 'n skamele 53 vir die verlies vir nege paaltjies in hul 20 boulbeurte beperk. Hungry Lions wen dus met 101 lopies.
Ander uitslae van die naweek se OPL-wedstryde:
Spartans teen die Team Players
Spartans teken 131 lopies almal uit aan.
Teamplayers word vir 65 lopies in 13de boulbeurt uitgeboul.
Spartans wen met 66 lopies.
Firestones teen Spoilers
Firestones klop die Spoilers met 40 lopies
Prostars teen Legends
Legends klop Prostars met vier paaltjies.
Hierdie kolwer se voorneme is duidelik om die bal 'n myl vêr te moker.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'