OUDTSHOORN SPORTNUUS - Neppon Warriors is Sondag as die 2018/19 Vlakkiekrieketkampioene van die Oudtshoorn-munisipaliteit gekroon .
Die span het die Hungry Lions in die eindstryd op die oop stuk grond langs die Bridgton biblioteek oortuigend met 5 paaltjies geklop.
Hungry Lions het eerste gekolf, maar is vir ‘n lae telling van 80 lopies uitgeboul.
Die Neppon Warriors het daarna die wenteiken met nog 5 paaltjies staande bereik.
Ricardo Prins, Warriors se onderkaptein, het 40 lopies in sy span se kolfbeurt aangeteken. Hy is ook as speler van die wedstryd aangewys.
Marcellis Thysse (raadslid), het die twee spanne bedank vir die goeie gees waarin die wedstryd gespeel is en belowe om in die toekoms groter steun vir vlakkiekrieket te beding.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'