SUID-KAAP NUUS - Die SWD Premierliga kampioene, Union Stars, het die afgelope naweek 'n teleurstellende nederlaag teen die Boland klubkampioene, Wellington gelei.
Union Stars het met sewe paaltjies verloor, en die geleentheid om Wes-Kaap in die Momentum nasionale klubkampioenskappe te verteenwoordig, misgeloop.
Union Stars was in 30.3 beurte uitgehaal vir net 109 lopies. Envirino Swartz het 43 lopies aangeteken en Leroi Bredenkamp 24 het die meeste lopies vir Union Stars aangeteken.
Vir Wellington het Tiaan Cloete en A Philander beide 3 plaatjies geneem en net 14 lopies afgestaan. Z Qwabe het ook 2 paaltjies geneem en 29 lopies afgestaan.
Wellington het net 21.1 boulbeurte nodig gehad om Stars se telling verby te steek. Hulle het 111 vir die verlies van 3 paaltjies aangeteken.
W Groenewald het 43 onoorwonne lopies vir Wellington aangeteken. Ander uitblinkers was M Khan met 35 lopies en Junaid Cassiem wat 24 lopies aangeteken het. Vir Stars het Marcello Piedt 2 plaatjies geneem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'