Volgens Gary Moos, SWD Mini-krieket koördineerder het 600 leerders tussen 6 en 9 jaar en 70 afrigters deelgeneem aan die mini-krieketfees wat op die gronde van Hoërskool Oudtshoorn aangebied is.
"Dit is belangrik vir die SWD dat spelers reeds van jongs af blootgestel word aan krieket en ek dink dit is ‘n dag waarna elke kind binne die KFC Mini-krieket program uitsien" het Moos gesê.
Volgens hom neem ongeveer 4800 kinders en 320 afrigters huidiglik deel aan die mini-krieket program. Hulle fokus hier-die jaar is om nog meer kinders en afrigters by die program betrokke te kry en om dogters geleentheid te gun om tot op dertienjarige ouderdom mini-krieket te speel.
David Mokopanele van Krieket Suid Afrika, sowel as Tich Kuwana van Playmakers het die KFC Mini-krieketfees op Oudts-hoorn bygewoon. Bevan Bennett wat vir die Chevrolet Warriors speel was ook teenwoordig en die Zinto Entertainment groep van KFC het die dag nog meer spesiaal gemaak deur pryse aan spelers en afrigters uit te deel.
Die pawiljoen van Hoërskool Oudtshoorn krioel met jong krieketspelertjies.