OUDTSHOORN NUUS - Dill Bills-krieketakademie het verlede Woensdag hul eerste junior o.13-vlakkiekriekettoernooi (ses boulbeurte per span) op die oop stuk veld by Toekomsrus-sirkel aangebied.
Dié krieketakademie is verlede jaar Augustus deur sy stigterslid, Dillon Moos op die been gebring.
Altesaam ses spanne (sewe spelers aan 'n kant) van verskillende woongebiede in Oudtshoorn het teen mekaar gekompeteer. Team Heats en die Junior Lions was die twee topspanne wat na die eindronde deurgedring het wat op die volgende dag beslis is.
Hierdie wedstryd was 'n naelbyt-affêre met die Team Heats wat die Junior Lions se eerstebeurttelling van 45 lopies met die laaste aflewering kon aanteken.
Team Heats het uiteindelik as wenner uit die stryd getree en het as deel van hul prys medaljes ontvang en is ook met 'n ete by die Wimpy getrakteer.
Die bestuur van Dill Bills-krieketakademie saam met Team Heats by die Wimpy.
Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'