OUDTSHOORN NUUS - Die SWD-krieket Premierliga eindstryd is vir Saterdag 31 Maart geskeduleer.
Volgens Albertus Kennedy moet die veld nog volgens die spanne se puntestand bepaal word.
Die Promosieliga eindstryd (Saterdag 24 Maart) se speelplek moet ook nog bepaal word, terwyl die Reserweliga eindstryd (Saterdag 17 Maart) en Vroueliga eindstryd (Saterdag 3 Maart) op die Rec in Oudtshoorn sal plaasvind.
Op Saterdag 24 en Sondag 25 Februarie sal die SWD- die Noord-Kaap-vrouespanne op die Rec mekaar die stryd aansê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'