OUDTSHOORN NUUS - Agt kleuterskole het verlede Donderdag aan die KFC Mini-krieketdag op Laerskool Wesbank se sportterrein deelgeneem.
Genevieve Anthony, van SWD sê, die dag is gehou om leerders van kleuterskole op 'n vroeë ouderdom aan sport bekend te stel en om te help met sportontwikkeling.
Die volgende KFC Mini-krieketdag vir kleuterskole sal op 25 Oktober gehou word. Die skole wat deelgeneem het was Bongoltehu Child Care Centre, Sacred Heart-kleuterskool, Dassie-voorskoolsentrum, Dorcas-voorskool, Ikhaya Labatwana Pre-school, Saartjie-voorskoolsentrum, Katryntjie-kleuterskool en Katterjakkertjies-kleuterskool.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'