OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Premierliga Kings het All Stars van Uniondale Sondag, 11 Februarie in ‘n vriendskaplike vlakkiekrieketwedstryd in Oudtshoorn met vier paaltjies geklop.
Die tuisspan het eerste gekolf en in sy toegelate 25 boulbeurte 176/7 aangeteken. All Stars is in die 21ste boulbeurt vir 105 lopies uitgeboul.
Die wedstryd is deur Mario Jansen van die departement van maatskaplike dienste gereël na ‘n onlangse suksesvolle toernooi in Uniondale waaraan plaaslike spanne deelgeneem het.
Volgens Matthew Olivier van Uniondale het vlakkiekrieket die laaste tyd behoorlik onder die jongmense van Lyonville vlam gevat. Daar heers ook geweldige belangstelling van die gemeenskap oor die inisiatief om jongmense van die strate te hou, veral oor naweke.
“Ons doel is om die spelers blootstelling te gee en moontlik ook eendag vir die Proteas te kan speel. Die grootste uitdaging is egter borge en geriewe wat ontbreek," het Olivier gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’