Piedt, `n produk van die SWD-Krieketakademie, was Dinsdagmiddag die gasspreker by die bekend-stelling van `n nuwe groep spelers.
Dit is die vyfde groep spelers om ingeneem te word sedert die akademie in 2010 op die been gebring is.
"Ek was `n jaar in die akademie toe coach Gary Hampson (SWD senior afrigter) my naam op 15 November uitlees. Ek kon dit nie glo nie," het Piedt vertel. In sy twee daaropvolgende seisoene van eersterangse krieket, was Piedt elke keer bo-aan die boulranglyste.
15 spelers is Dinsdag bekendgestel wat voortaan deel van die akademieprogram sal wees, onder leiding van die hoëprestasie afrigter en akademiebestuurder, André du Plessis.
Drie vrouespelers is ook vir die eerste keer deel van die akademieprogram. Hulle is Cecilia Strydom, Bianca Figeland en Micheala Andrews. Albertus Kennedy het hul deelname beskryf as "`n beduidende stap om kriekettalent oor alle spektrums in die SWD te koester en te ontwikkel."
Twee spelers, Hanno Kotze en Ruan Stander, het alreeds ervaring op eersterangse vlak opgedoen terwyl Richard Maree die SA Colts asook die Warriors Cubs verteenwoordig het. Lance Roelfse is nog `n speler wat reeds die Warriors Cubs-kleure gedra het.
Die volledige spelersgroep, tesame met die drie vrouespelers, is Hanno Kotze (NMMU), Edrique Cook (NMMU), Tyron Welsh (NMMU), Otniel Baartman (Union Stars), Lance Roelfse (NMMU), Ethan Coeries (Blanco), Deon Viviers (NMMU), Bonginkosi Mafilika (Thembalethu), Richard Maree (NMMU), Niel Hornbuckle (NMMU), Ruhan Stander (NMMU) en Glenton Stuurman.
Rudy Claassen (president van SWD-krieket) en Gary Hampson (SWD se senior afrigter -beide links) en Albertus Kennedy (hoofuitvoerende beampte van SWD-krieket) en Johan Weyers (bestuurder van amateurkrieket) Dinsdag by van die akademiespelers. Voor in die middel sit André du Plessis (akademiebestuurder en hoëprestasie afrigter). Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'