OUDTSHOORN NUUS - Francois Barnard, 'n leerder van Langenhoven Gimnasium, was een van SWD se helde op die tweede dag van die Coca-Cola Khaya Majola-krieketweek in Johannesburg.
Op die tweede dag van spel het Barnard 115 lopies van 124 balle gemoker en so sy span op die wenpad gestuur in hul eerste beurt teen Namibië.
SWD se snelbouler, Jean Bruiners (4/30) het ook 'n sleutelrol in dié oorwinning gespeel. SWD het Namibië almal vir 135 uitgeboul en geantwoord met 212/3 om 'n wen te verseker.
Ander SWD-spelers wat beïndruk het, is Unathi Mbathane (2/34) en Brian Jack (3/18). Travis Ackerman (32) en Samkelo Mvimbi (40) het waarde toegevoeg tot Barnard se honderdtal.
Barnard het 15 viere en twee sesse geslaan.
In hul eerste wedstryd het SWD teen Oostelikes gespeel en hulle almal vir 147 lopies uitgeboul.
SWD het met 209/7 geantwoord, met Ackerman (45), Brain Jack (35) en Odin le Roux (57) wat die kolfhelde was.
SWD (102 almal uit) het Dinsdag 12 Desember met 26 lopies teen KwaZulu-Natal Binneland (128/8) verloor.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'