DYSSELSDORP NUUS - Die Dysselsdorp-krieketklub lê na aan die hart van gemeenskapsleier, Leon Campher.
"Die klub beoog om binnekort weer met hul vlakkiekrieket te begin en is ek dankbaar aan Justin Lesch, direkteur van tegniese dienste, Oudtshoorn-munisipaliteit en sy span verlede week die vlakkies waar gespeel gaan word skoongemaak en gelyk geskraap het. Spreiligte is ook by die Gaaitjie aangebring om sodoende 'n veiliger omgewing vir inwoners te skep."
Campher moedig ouers aan om hul kinders deel van die spel te maak, veral tot aanloop van die komende skoolvakansie om sodoende hul kinders besig te hou.
Campher glo vas daarin dat 'A child in sport is a child out of court' en kan hy nie anders as om die inisiatief te steun nie.
Veral sy werk met Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC) bring hom te staan voor baie hartseer en trane van families wat 'n geliefde aan die dood moes afstaan weens misdaad of ongelukke.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’