OUDTSHOORN NUUS - Die SWD Kriekettellingvereniging nooi krieketentoesiaste wat wil leer telling hou by krieketwedstryde om die kursusse wat aangebied word, by te woon. Dit is 'n gratis beginnersvlakkursus (Vlak D) en begin op 2 Augustus.
Die program is as volg:
- 2 - 4 Augustus by die Rec in Oudtshoorn
- 2 - 4 Augustus by Laerskool St Blaize in Mosselbaai
- 9 - 11 Augustus by Hoërskool Imizamo Yethu in Thembalethu, George
- 16 - 18 Augustus by St Paul’s Primêr in George
Die tye is as volg:
- Vrydae: 17:00 - 20:00
- Saterdag: 09:00 - 17:00
- Sondae: 09:00 - 12:00 (eksamens)
Alle navrae kan gerig word aan Pieter Stuurman by die SWD Krieketkantore by 044 272 6604 of e-pos: pieters@cricket.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’