OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die Warriors se snelbouler en uitvoerproduk van die SWD, Glenton Stuurman, is verlede week weer vir die Protea-groep gekies nadat hy verlede maand aan die toetsgroep teen Sri Lanka en Engeland weens 'n besering moes onttrek.
Dié keer is hy egter opgeneem in die T20 Protea-span wat tussen 11 en 14 Februarie in drie wedstryde teen Pakistan in Lahore sal speel.
Hierdie wedstryde word vooraf gegaan deur twee toetswedstryde.
Nog 'n produk van die SWD, Ottneil Baartman, is ook gekies vir die Protea-toetsgroep wat tans in Pakistan toer, maar moes ook weens mediese redes onttrek.
Indien Stuurman beseringsvry kan bly en hy deur KSA se keurders gekies word vir een van dié wedstryde, sal hy amptelik die eerste Oudtshoorniet word wat die Proteas op die veld verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'