OUDTSHOORN KRIEKET-NUUS - Die o.19-krieketspan van Gimmies het hul staal op die krieketveld gewys en met drie puik oorwinnings teen ander skole se eerste spanne. Al drie wedstryde is op Gimmies se sportterrein gespeel.
Op 29 September klop hulle Swartland se eerste span met 217 lopies. Puntemakers vir Gimmies was, Jean Bruiners (95) en Jhedli van Briesies (85).
In die wedstryd teen Brackenfell op 1 Oktober wen Gimmies met 8 paaltjies met 27 beurte oor op 2 Oktober moes Nico Malan die aftog blaas met net 114 lopies.
Gimmies behaal 115 vir 4 in 19 beurte en wen met ses paaltjies.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'