OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Firestones, die viermalige kampioen van die OPL-vlakkiekriekettoernooi, is weer op die wenpad na twee stewige oorwinnings die afgelope naweek.
Die manne in rooi se toernooi het wankelrig begin na drie agtereenvolgende nederlae.
Die OPL bestaan tans uit twee groepe van agt spanne waarvan slegs die top vier spanne van elke groep deurdring na die kwarteindstryde.
Die Firestones moet nou dus al sy twee oorblywende groepwedstryde wen as hy in die uitklopwedstryde wil speel.
In nog 'n OPL wedstryd het die Lions se Ricardo "Kalla" Pietersen die toernooi se eerste hondertal vanjaar teen die Laeveld Challengers met 'n onoorwonne 111 lopies gemoker.
Die Lions het die wedstryd gemaklik gewen.
Nog uitslae:
- Ostrich Giants klop Super Royals
- Oukas Flights klop Prostars
- Champs wen die Dreamteam
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'