OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Firestones-vlakkiekrieketspan het Sondagmiddag die Hungry Lions in 'n Oudtshoorn Premierliga vlakkiekrieket-ontwikkelingstoernooi (OPL) kwart-eindstryd afgeransel toe hulle die leeus vir 'n skamele 43 lopies in 15 boulbeurte uitgeboul het.
Firestones het daarna die teiken in die 12de boulbeurt bereik met ses paaltjies nog staande.
Firestones se beste bouler was Petrus Fredericks wat drie paaltjies in drie boulbeurte vir slegs vyf lopies laat kantel het. Neil Arries was die wenspan se beste kolwer met 19 lopies. HungryLions se jong bouler, Tyrese Karelse, het moedig probeer en drie paaltjies platgetrek.
Vir die span van die Firestones was dit soete wraak omdat dit die einste Hungry Lions was wat hulle tydens verlede jaar se OPL-eindstryd met die kous oor die kop huis toe gestuur het.
Ander uitslae van die OPL-kwarteindstryde:
- Dream Team klop Spoilers.
- Warriors klop Spartens.
- Legends klop RCB.
Die loting vir die halfeindstryde wat die Sondag plaasvind is as volg:
- Legends speel teen die Neppon Warriors om 14:00 by Mandelapark.
- Firestones speel teen Dream Team om 14:00 by Toekomsrus-kliniek.
Tyrese Karelse het moedig probeer met sy boulaflewerings.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'