OUDTSHOORN NUUS - Indrukwekkende vertonings met die kolf deur Andrew Puttick en Pieter Malan, asook 'n boulwerk van Dane Piedt, het die Cape Cobras se selfbeeld en vertroue goed gedoen tydens ‘n opwarmingswedstryd teen die Warriors, op die Rec in Oudtshoorn.
Die twee spanne het Saterdag en Sondag die eerste van twee opwarmingswedstryde in Oudtshoorn gespeel. Die volgende een vind op Dinsdag 12 en Woensdag 13 September plaas.
Die Warriors, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het goed begin en en het 'n stewige 112/2 aangeteken, tot Dane Piedt se boulwerk (4/24 in 10 beurte) bygedra het daaroe dat die besoekers tot 221 (almal uit) beperk is.
Vir die Cobras het Puttick se honderdtal (100, 170 balle, 1x6, 12 x4) en Malan (72; 149 balle, 1x6, 9x4) die Cobras op die wenpad gestuur, met ‘n openingsbeurt van 170 (280 balle). Jason Smit (55) het met 'n aanskoulike vyftigtal bygedra tott die Cobras se eerste beurt telling van 354/7 (verklaar),
Anrich Nortje (2/31) en Sisanda Magala (2/62) het goed gedoen met die bal vir die Warriors.
Aan die einde van die spel, was die Warriors in hul tweede beurt op 96/2, met Edward Moore op ‘n onoorwonne op 53 (76 balle, 1x6, 9x4).Die wedstryd het onbeslis geëindig.
Die spelers het vandag 'n rusdag.
Die opgesommende telkaart is:
Warriors: 1ste beurt 221 (Matthew Breetzke 48, Sisanda Magala 40*, Gihan Cloete 37, Dane Paterson 2/14, Dane Piedt 4/24) en 2de beurt 96/2 (Edward Moore 53 *).
Cape Cobras: 1ste beurt 354/7 (verklaar). Andrew Puttick 100, Pieter Malan 72, Jason Smit 55, Anrich Nortje 2/31, Sisanda Magala 2/62
ARTIKEL & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'