OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die Champs-vlakkiekrieketspan het verlede naweek die Hungry Lions op Malley Park (Aurial Kollege se sportterrein) met 47 lopies in die gewilde BBL Honderbal-toernooi geklop.
Die Champs het eerste gekolf en 'n allemintige 120 lopies opgestapel in hul toegelate honderdballe.
Hungry Lions kon slegs daarin slaag om 74 lopies almal uit aan te teken met 9 balle nog oor. Champs wen dus met 46 lopies.
Daar moet ook genoem word dat dit die Champs se tweede agtereenvolgende wedstryd is wat die span 100 lopies en meer kon aanteken teen 'n opponent.
Hierdie oorwinning beteken dat die Champs kwalifiseer vir hul halfeindstrydwedstyde wat 20 November ook op Malley Park (Aurial Kollege) teen FireStars sal plaasvind.
Die komende naweek (Sondag 13 November) sal Tornadoes die Hungry Lions vanaf 14:30 ook by Malley Park pak.
Die finale sal op 3 Desember gespeel word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'