OUDTSHOORN NUUS - Dinge is besig om vuurwarm te raak in die Oudtshoorn Big Bash 100-bal vlakkiekrieketreeks wat tans aan die gang is. Hierdie toernooi word oudergewoonte deur die liefdadigheidsorganisasie, Sport Buddy Community Project aangebied.
Breyton Jacobs van TeamPlayers probeer die bal uit die park uitslaan.
Die spanne wat vanjaar deelneem sluit Pro Stars, Firestones, Champs, Tornadoes, The Shield, TeamPlayers, Legends, Unbeatable Stars, Warriors en Hunters in.
Die spanne wat mekaar eerskomende naweek in die halfeindstryde pak is Tornadoes teen Pro Stars en Legends teen Unbeatable Stars.
Deeton Williams stuur een van sy blitsballe af.
Die naweek se uitslae is as volg:
Unbeatable Stars klop TeamPlayers met
85 lopies.
Tornado's klop Legends met vier paaltjies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’