OUDTSHOORN NUUS - Ottneil Baartman (27), gebore Oudtshoorniet en voormalige SWD- krieketspeler is vandag opgeneem in die Proteas se 21-toetsgroep wat vanaf 26 Januarie tot 14 Februarie in Pakistan gaan toer.
Baartman se insluiting volg kort op die hakke van nog 'n Oudtshoorniet, Glenton Stuurman, wat onlangs teen Sri Lanka sy toetsbuiging sou maak.
Weens 'n besering kon Stuurman egter nooit sy amptelik Protea-debuut maak nie.
Suid-Afrika het die onlangse toetsreeks teen Sri Lanka gemaklik met 2-0 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'