OUDTSHOORN NUUS - Die Askamp het verlede Sondag die Top-8-vlakkiekriekettoernooi maklik gewen toe hulle die span van Hungry Lions met agt paaltjies oorrompel het.
Hierdie toernooi is in samewerking met die Gemeenskapspolisiëringsforum, Oudtshoorn-munisipaliteit en jeugraad aangebied. Phillip Seroux van die Christelike Jeugforum (OCJF) was die toernooi-koördineerder.
Hungry Lions het eerste gekolf en is vir 'n skamele 33 lopies almal uitgehaal.
Die Askamp het in hul kolfbeurt die teiken bereik met agt paaltjies nog staande. As wenners van die toernooi het Die Askamp -vlakkiekrieketspan die Carlos Biljohn-wisseltrofee ontvang.
Hungry Lions het die Reggie Dyssel-wisseltrofee ingepalm. Dillon Kiewiets en Eaj Carew was onderskeidelik die beste bouler en kolwer van die toernooi.
Die seëvierende Askamp-span.
'n Speler van Die Askampspan doen veldwerk op die grens.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'