OUDTSHOORN KRIEKETTNUUS - SWD se Micaela Andrews, met 11 paaltjies en 'n beste boulontleding van 3/17, was die Suid -Afrikaanse opkomende span se voorste bouler tydens die onlangse reeks van vyf wedstryde tussen hul eweknie van Zimbabwe wat in Harare plaasgevind het.
Die Suid-Afrikaners het die reeks gemaklik met 5-0 gewen.
Andrews het ook weggestap met 'n speler van die wedstryd toekenning.
Sy het in al vyf wedstryde gespeel en met 'n kolfgemiddelde van 45 geëindig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'