OUDTSHOORN NUUS - Krieket Suid-Afrika (KSA) het op 23 Augustus aangekondig dat André Olivier,' 'n Oudtshoorniet en 'n lid van SWD, en Warren Wyngaard van Westelike Provinsie, die wedstrydbeamptes vir die 2024/25-seisoen, tot die eersterangse paneel bevorder.
'n Verdere noemenswaardige aanstelling is Stacey Lackay van die WP wat as die tweede vrou op die KSA Reserwepaneel saam met Kerrin Klaaste (ook van SWD) aangestel is.
Die bekende voormalige Internasionale Krieketraad (IKR) Elite Paneel van Skeidsregters lid, Marais Erasmus, wat sy laaste internasionale wedstryd in Maart behartig het, sal by die eersteklas paneel aansluit om opkomende skeidsregters oor plaaslike krieket heen te mentor.
"Ons is opgewonde oor die aan-stelling van André Olivier in die Eersteklas-paneel wat sy toewyding, deursettingsvermoë en professionaliteit weerspieël," het SWD Krieket se HUB, Albertus Kennedy, gesê.
"As 'n vorigmalige eersterangse krieketspeler het hy sy skeidsregter-vaardighede teruggeploeg in die spel en sy aanstelling is welverdiend."
Kennedy wens ook nog 'n voormalige SWD-krieketspeler, Waldo Lategan, geluk met sy aanstelling in die Reserwepaneel. Lategan is nou deel van die Westelike Provinsie-skeidsregtersvereniging.
"Marais Erasmus se volgehoue betrokkenheid is 'n aansienlike hupstoot vir ons eersteklas paneel, en ons is vol vertroue dat die nuwe aanstellings en bevorderings waardevolle ervaring na ons panele sal bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’