OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Sentraal se o.15-krieketspan is die afgelope Saterdag stert tussen die bene terug Beaufort-Wes toe nadat Langenhoven Gimnasium (Gimmies) hulle met 441 lopies gewen het.
Gimmies het eerste gekolf en in hul toegelate 50 boulbeurte 'n allemintige 521 lopies, met slegs vier paaltjies plat, gemoker.
Jaco Victor (187), Dawid Smuts (149*) en Arthur Muller (83) het die tellinghouers laat bontstaan om die telbord op te gradeer.
Sentraal is met die rug teen die muur ingestuur om die telling te jaag, maar is binne 16 boulbeurte vir slegs 80 lopies uitgeboul.
Vir Gimmies het Denzil Masete drie paaltjies, Jaco Victor drie paaltjies en Antonio Bruiners vier plaatjies geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'