OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Wilhelm Kuun en Bianca van der Westhuizen was Saterdag die onderskeie mans- en vrouewenners van Oudtshoorn-parkrun by Surval.
Die junior atleet, Jared Jordaan was tweede terwyl Greens Groenewald in die derde plek geëindig het. Francois Verwey het met sy 50ste deelname by die parkrun-klub 50 aangesluit.
Altesaam 96 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.
Atlete se tye se beste tye:
- Wilhelm Kuun (19:12)
- Jared Jordaan (19:45)
- Greens Groenewald (20:11)
- Patrick Peters (20:23)
- Patrick Rawlins (21:12)
- Louis van der Walt (21:32)
- Thys Jamneck (22:53)
- Francois Verwey (23:17)
- Bianca van der Westhuizen (23:57)
- Newald Groenewald (23: 58).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'