OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Wesbank en Laerskool van Reede het Oudtshoorn se naam hoog gehou by die jaarlikse Nashua Valentyns-atletiekbyeenkoms in George.
Die twee skole het Woensdag met Parkdene Primêr, Laerskool Hartenbos, Laerskool Blanco, Milkwood Primêr, Kretzenshoop, Laerskool Park, Holy Cross, Laerskool George-Suid, Laerskool Hoekwil en Laerskool Volschenk meegeding.
Laerskool Wesbank
Kian Snyman (goud), Marlié Ellis (goud), Jeanie du Plessis (goud, silwer en brons, Via-Kaylen Maniel (brons), Douglas Smith (brons), Kari Griffioen (silwer), Rouxlé van der Westhuizen (goud), Lizomé Krige (goud), Lara Rossouw (silwer), Lida Engelbrecht (twee goud en een brons) en Nika Potgieter (silwer).
Laerskool van Reede
Seuns-aflosspan (goud), Lile Afrika (twee goud) en Charles Jacobs (brons).
Lida Engelbrecht (Laerskool Wesbank) wen die 70 m-hekkies vir dogters o.11 in 13:30. Foto's: Anton Gericke
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'