OUDTSHOORN NUUSFLITS - Francois Maquassa van die Nedbank SWD-atletiekklub het Saterdag 27 Januarie vir die tweede agtereenvolgende Saterdag die Oudtshoorn Parkrun by Surval gewen.
Sy wentyd was 18 minute teenoor die vorige Saterdag se blitstyd van 16 minute 41 sekondes.
William Stuurman was tweede in 'n tyd van 20 minute 10 sekondes met Greens Groenewald (20:16) in die derde plek.
Hierna het gevolg Yaron Venter (22: 19), Francois Verwey (22:25), Desmond Krama (23: 36), Johnny Campher (23:39), Matthys Myburgh (23:53), Newald Groenewald (24:18), Henry Carstens (24:22) en Geepee Smith (24:55).
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'