OUDTSHOORN NUUS - Meer as 200 atlete het verlede Saterdag aan die KKI-volstruiswedloop deelgeneem.
Die wedloop word jaarliks gedurende Paasnaweek aangebied.
Volgens David McKinnon, voorsitter van Oudtshoorn-amateursatletiekklub, was die wedloop weereens 'n reusesukses.
Drawwers kon onderskeidelik aan die 21,1km-halfmaraton en aan die 10 km-wedloop deelneem.
"Die deelnemers was gaande oor die skilderagtige natuurskoon aangesien atlete die grootste deel van die halfmarathon deur die veld hardloop. Ons het so baie komplimente gekry," het hy gesê.
Halfmarathon-uitslae
In die opeafdeling vir mans was Lloyd Bosman eerste met 'n tyd van 01:16:56 en John April was kort op sy hakke met 'n tyd van 01:17:39. Beide die atlete is aan die Nedbank SWD-klub verbonde. Amwonke Komani van Knysna was derde met 'n tyd van 01:21:24.
In die opeafdeling vir vroue was Nancy Cloete van die Outeniqua Harriers eerste met 'n tyd van 01:36:35, Nerida Lubbe van Hartenbos tweede met 'n tyd van 01:42:22 en Annelize Visser van Nedbank SWD derde met 'n tyd van 01:46:43.
Phelolwethu Dickson van die Knysna Maraton Club was die enigste junior wenner met 'n tyd van 01:39:34.
In die mansveterane-afdeling was Motata Senamela van die weermag eerste met 'n tyd van 01:25:01en in die vroue-veterane-afdeling was Nerida Lubbe van Hartenbos eerste met 'n tyd van 01:42:22.
In die meesterafdeling was dit Andre Treurnich van Bellville van die mans wat met 'n tyd van 01:37:01 eerste gekom het en Evangeline Bernado van Nedbank van die vroue met 'n tyd van 02:06:42
In die ouderdomskategorie 60-69 was André Barnado van Nedbank eerste met 'n tyd van 01:40:54 en Monica Kriel van Hartenbos was die vrouevoorloper met 'n tyd van 02:03:38.
Ernst van Zyl (02:36:24) en Jacoline Calitz (02:36:24), beide van Nedbank SWD, was eerste van die stappers.
Die 10 km-wenners is van links: Francois Maquassa (tweede), Godwin Heyns (eerste) en Anderson Ncube (derde). Saam met hulle is David McKinnon.
10 km-uitslae
In die opeafdeling vir mans was Godwin Heyns eerste (32:28), Francois Maquassa tweede (33:25) en Anderson Ncube derde (33:56). Al drie is verbonde aan Nedbank SWD. In die opeafdeling vir vroue was Karien Visser-Maritz eerste (47:43), Linelle Groenewald tweede (48:11) en Danika Kleyn derde (48:17). Al drie is aan Temp verbonde.
Ricardo Cornelius van Cape Multisport Club Eden was die eerste man in die junior-afdeling met 'n tyd van 35:06 en Sarah Viljoen van Hartenbos die eerste vrou met 'n tyd van 52:59.
In die mansveterane-afdeling was Wouter Frazenburg van Outeniqua Harriers die eerste man oor die wenstreep met 'n tyd van 34:56 en Elzette Oosthuizen van Hartenbos die eerste vrou met 'n tyd van 48:43.
In die meestersafdeling was dit Patrick Peters van die weermag wat met 'n tyd van 40:22 gewen het en Evette Joubert van Cape Multisport Club Eden was eerste van die vroue met 'n tyd van 01:02:59
In die ouderdomskategorie 60-69 het Patrick Rawlins van Harriers met 'n tyd van 43:23 gewen en die eerste vrou oor die wenstreep was Mariet Horn van Knysna met 'n tyd 01:00:48.
Cecilia Swiegers, verbonde aan Nedbank SWD, is die enigste atleet wat aan die 70+-kategorie deelgeneem het, en sy het dit in 'n tyd van 01:17:10 voltooi.
Die wenners onder die stappers was Deon Sederstroom van Nedbank SWD (01:12:15) en Mariana van Zyl, ook van Nedbank SWD (01:14:43).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'