KLEIN KAROO NUUS - Parkrun-drawwers en atlete oor die algemeen het verlede week 'n sug van verligting geslaak toe die president aangekondig het hulle nie meer beperk sal word wanneer hulle in die openbaar mag oefen of draf nie.
Voor die oorskakeling na vlak 3 van die nasionale inperkingsmaatreëls kon die publiek slegs vanaf 06:00 tot 09:00 litte losmaak en draf.
Oudtshoorn-parkrun se organiseerders het egter al drie weke gelede begin om virtuele parkruns aan te bied sodat atlete fiks en aan die gang kan bly.
Hoe werk dit?
Deelnemers word versoek om met maskers te draf en hul tye word elke Saterdagoggend oor 5 km beoordeel. Elkeen is verantwoordelik om sy eie tyd te monitor en alle tye moet voor 09:00 op Facebook gelaai word.
Die organiseerder moedig ook deelnemers aan om ’n foto van hulself en onderskeie roetes te neem.
Alhoewel hierdie virtuele parkruns se tye nie dien as amptelike parkrun-mylpale nie is dit 'n prettige manier is om in kontak met jou mede parkrun-drawwers te bly, het Johan Coetzer, een van die organiseerders gesê.
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'