OUDTSHOORN NUUS - Drie atlete van Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium is in die onderskeie kategorieë vir seuns en dogters met die LOOP-atletiekbyeenkoms aangewys as die beste presteerders.
Die byeenkoms het Woensdag 7 Februarie op die De Jager-sportterrein plaasgevind. Hoërskool Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Punt en Hoërskool Outeniqua het deelgeneem.
Die byeenkoms word deur Klein Karoo Ostrich Emporium en Beans about Coffee geborg.
Die victrix ludorum is Lané Coertze (dogters o.15: Hoërskool Outeniqua) en die victor ludorum, Josua Hermanus (seuns o.19: Hoërskool Punt).
Beste presteerders:
Dogters
- o.14: Riancke Slump (Hoërskool Outeniqua) - gewigstoot: 11,23 m
- o.15: Jonell Botha (Hoërskool Oudtshoorn) - hammergooi: 40,30 m
- o.17: Elmé Botha (Hoërskool Oudtshoorn) - gewigstoot: 15,04 m
- o.19: Meike Strydom (Hoërskool Outeniqua) - gewigstoot: 14,98 m
Seuns
- o.14: Antonio Bruiners (Langenhoven Gimnasium) - 110m hekkies: 14,30 sekondes
- o.15: JD Heyns (Hoërskool Outeniqua) - Gewigstoot: 15,30 m
- o.17: Cashton Michaels (Hoërskool Outeniqua) - 100 m: 11,20 sekondes
- o.19: Hanno du Plessis (Hoërskool Outeniqua) Hammergooi - 60,76 m
Langenhoven Gimnasium. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'