OUDTSHOORN NUUS - Die Timbercity Klein-Karoo sakeaflos het op Maandag by die Oudtshoorn-sportstadion en Hoërskool Oudtshoorn se sportterrein plaasgevind.
Weens finansiële faktore moes die venue vanjaar noodgedwonge verskuif nadat dit vroeër jare in Baron van Reedestraat gehou was.
Altesaam 42 spanne (21 stap en 21 hardloop) het deelgeneem en elke atleet is met 'n deelnemersmedalje beloon terwyl die kategoriewenners goue medaljes ontvang het. Die span van Santa Fe Spur is as kostuumwenners aangewys.
Die kategoriewenners was as volg:
- Mans: Klein Karoo Atletiek Fonds
- Dames: Laerskool Wesbank
- Gemengde spanne : Langenhoven Gimnasium
- Besigheid: Plaspac
- Hoërskool seuns: Oudtshoorn Vaardigheidskool
- Hoërskool meisies: Hoërskool Oudtshoorn
- Laerskool seuns: Laerskool Wesbank
- Laerskool meisies: Laerskool Wesbank
- Stap: Infanterieskool (PTSR)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'