OUDTSHOORN NUUS - Bert Verlinde en Tarren Jullies was Saterdag se wenners van die 181ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval Olyf landgoed.
Verlinde, wat aan sy derde parkrun deelgeneem het, se wentyd was 19 minute 12 sekondes terwyl Jullies, wat elfde algeheel by die eindstreep was, met 'n tyd van 25 minute 56 sekondes die eerste vrou was. Altesaam 117 drawwers en stappers het Saterdag vir die eerste somer parkrun aangetree.
Thys Jamneck was tweede met 'n tyd van 21:44, Newald Groenewald (22:27) was derde en Joaehny Campher vierde met 'n tyd van 23 min 59 sek.
Hierna het gevolg Henry Carstens (23:58), Marius du Plessis (24:11), Francois le Roux (24: 39), Craig Nurden (25:32) en Christo Theart (25:43).
Almal is welkom om aan die parkrun deel te neem. Die wegspringtyd is sedert verlede Saterdag 07:00.
Bert Verlinde Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'