OUDTSHOORN ATLETIEK-NUUS - Yaron Venter en Bianca van der Westhuizen was Saterdag se wenners van die 201ste Oudtshoorn-parkrun waaraan 112 drawwers en stappers by die Surval-olyflandgoed deelgeneem het.
Wilhelm Kuun was die tweede mansatleet gevolg deur Greens Groenewald wat in die derde plek geëindig het.
Die tye van die voorste drawwers:
- Yaron Venter (20:09)
- Wilhelm Kuun (20:18)
- Greens Groenewald (22: 44)
- Henry Carstens (23:56)
- Bianca van der Westhuizen (24:38)
- Christo Theart (24:39)
- Hans Lareman (24:44)
- Albertus Kennedy (24:49)
- Frans Kalp (25:42)
- Rozanne Theart (26:15).
Wilhelm Kuun was die tweede mansatleet. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'