OUDTSHOORN NUUS - Yaron Venter en Bianca Malan was Saterdag die wenners van die Oudtshoorn-parkrun by die Surval Olyflandgoed. Dit was ook die eerste parkrun-wedloop vir 2020.
In die mansafdeling was Wilhelm Kuun kort op Venter se hakke met Corné Conradie wat in die derde plek geeïndig het. Ronelle Engelbrecht en Tarren Jullies was onderskeidelik tweede en derde in die vroue-afdeling. Die 14-jarige Jaco Pretorius was die eerste junior oor die wenstreep.
Hester La Grange het ook Saterdag haar 50ste parkrun voltooi.
Die Oudtsoorn-parkrun word elke Saterdagoggend by die Surval Olyflandgoed aangebied. Die wegspringtyd in die somer is 07:00 en deelname is gratis.
Bianca Malan.
Die voorste hardlopers met hul tye is:
- Yaron Venter (20:21)
- Wilhelm Kuun (20:38)
- Core Conradie ( 20:50)
- Thys Jamneck (21:340
- Chris Jansen ( 21:44)
- Francois Verwey (22:03)
- Ivan Wilken (2:20)
- Benjamin Hneshell 22:40)
- Bianca Malan (2:46)Jaco Pretorius (23:26)
- Rudolph Clench (23:39)
- Ronelle Engelbrecht (23:53)
- Tarren Jullies (24:10)
- Rozanne Theart (25:18)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'