OUDTSHOORN NUUS - Gerhard van Lill moes Saterdag alles uithaal om die 242ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed voor Bianca Malan te voltooi.
Van Lill was slegs vier sekondes vinniger as Malan oor die eindstreep. Newald Groenewald het in die derde plek klaargemaak.
Rozanne Theart, wat algeheel in die sesde plek geeindig het, het ook haar 50ste parkrun voltooi. Theart was ook die tweede vrou oor die eindstreep met Tarren Jullies in die derde plek.
Saterdag se twintig vinnigste deelnemers
- Gerhard van Lill (22:47)
- Bianca Malan (22:51)
- Newald Groenewald (23:33)
- Bongani Khumalo (24:08)
- Christo Theart (24:14)
- Rozanne Theart (24:46)
- Rudolph Clench (24:50)
- Francois le Roux (25:20)
- Leon Lareman (25:51)
- Johann Coetzer (25:54)
- Mathys Myburgh (26:31)
- Graham Weir (26:35)
- Shane Claassen (26:53)
- Tarren Jullies (26:58).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'