OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Bianca van der Westhuizen was Saterdag weer die vinnigste vrou wat aan die 226ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed deelgeneem het.
Tarren Julies het in die tweede plek met Rozanne Theart wat in die derde plek geëindig het.
Die veteraan soldaat, Patrick Peters, was weer die vinnigste van die geregistreerde hardlopers.
Die 14-jarige Jaco Pretorius het in die 27ste plek klaargemaak uit 'n totaal van die 109 deelnemers. Hy was die eerste junior by die eindpunt.
Laetitia Wolmarans het Saterdag die mylpaal van 50 parkruns bereik.
Die tye van die voorste hardlopers is soos volg:
- Patrick Peters (20:43)
- Chris Oertel (20:44)
- Sphiwe Nzuza (21:34)
- Daniel Seha (21:49)
- Abrie van Tonder (21:57)
- Melvin Lukas (22:26)
- Bianca van der Westhuizen (22:35)
- Stefan Tait (22:49)
- Newald Groenewald (22:58)
- Tarren Jullies (23:40)
- Rozanne Theart (24:23).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'