OUDTSHOORN NUUS - Tarren Jullies het verlede Saterdag tydens die 9de virtuele Oudtshoorn-parkrun weereens die vinnigste tyd behaal toe sy in 'n tyd van 23 minute en 59 sekondes die 5 km-wedloop voltooi het. Volgens Jullies is dit vanjaar die eerste keer dat sy daarin kon slaag om onder 24 minute te kon eindig.
"Ek wil dit onomwonde stel dat om eerste te eindig, nie in die minste vir my belangrik is nie.
My persoonlike fiksheid en om pret te hê is my primêre doelwit waarna ek week na week streef.
Sedert ek 'n paar jaar gelede dié sportsoort opgeneem het, is dit verblydend om te sien hoe my tye stadig maar seker verbeter.
Dis duidelik dat die oefeninge wat ek en my man insit, vrugte afwerp.
Ek sal enigeen, oud en jonk, aanmoedig om by die parkrun aan te sluit. Dis regtig groot pret," het sy gesê.
Saterdag se tye:
- Tarryn Jullies - 24:59
- Deon van der Walt - 24:02
- Laetitia Wolmarans - 25:17
- Francois le Roux - 25:32
- Conrad Jullies - 25:34
- Johann Coetzer - 27:13
- Rudolph Clench - 28:30
- Abraham Hendricks - 28:57
- Henry Carstens - 30:51
- Hildegard Bruwer - 31:27
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'