OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Twee atlete van Oudtshoorn, John April en Anderson Ngube, het die afgelope naweek hul spiere gebult toe dié duo hul onderskeie Maxi-wedlope in die Kaapstadse Wynlande gewen het.
April se 45 km-wedloop het in Vishoek begin en drie uur en 47 minute later, in die eerste plek in Franschhoek geëindig.
Ngube was op sy beurt bobaas in die 20 km wat by Hoërskool Stellenbosch begin en geëindig het. Hy was eerste oor die wenstreep in 'n tyd van een uur en 22 minute.
Anderson Ngube.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'