OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Heelwat atlete van Oudtshoorn het verlede naweek (Paasnaweek) besluit om die gewilde Twee Oseane-maraton weens die landswye Covid-19-inperkingsreëls in die veiligheid van hul agterplaas aan te pak.
Die Twee Oseane-maraton is 'n 58 km en 21 km-marathon wat jaarliks gewoonlik gedurende die Paasfees op 'n Saterdag in Kaapstad gehou word.
Hierdie wedloop word wêreldwyd as die mooiste marathon beskou as gevolg van die skouspelagtige natuurskoon agtergrond waardeur die atlete moet hardloop.
Een van dié atlete Bianca Malan, het telefoniese die Oudtshoorn Courant laat weet dat afgesien van die vele draaie en die feit dat jy nie so vinnig kan hardloop soos jy wil in jou eie agterplaas nie, sy dit vreeslik geniet het.
"Ek net byvoorbeeld elke Dinsdag 'n 5 km-tydtoets deur my agterplaas gedoen as voorbereiding vir die 21,1 km wat ek Saterdag gesimuleer het.
"Al het ek met 'n ligte kniebesering die wedloop begin, is ek steeds tevrede dat ek met 'n goeie tyd kon eindig.
Die voorbereiding en die "wedloop" self het natuurlik sy eie voordeel dat dit jou fiks hou en ook 'n waardevolle tydmoordenaar is gedurende die inperkingsreëls."
Atlete van Oudtshoorn wat die Twee Oseane-maraton in hul agterplaas voltooi het (21,1 km tensy anders vermeld):
- Bianca Malan
- Francois le Roux
- Jaques Theart
- Rozanne Theart
- Anel van Wyk (58 km)
- Alvaro de Nobrego (58 km)
Jacques en Rozanne Theart
Anel van Wyk
Bianca Malan
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'