OUDTSHOORN NUUS - Die Klein-Karoo Atletiekfonds (KKAF) bied op Maandag 4 Maart die Timbercity Klein-Karoo-sakeaflos aan. Vanjaar word daar weer 'n 'Fancy Dress' tema aangebied met groot pryse wat op die spel is.
Die sirkelroete begin en eindig by die Santa Fe Spur, en vind plaas vanaf 18:00 in Baron van Reedestraat tussen Voortrekkerweg en Van der Rietstraat.
'n Feestelike atmosfeer word geskep om inwoners 'n geleentheid te gee om mekaar beter te leer ken. Alle deelnemende besighede, skole en instansies mag hulle baniere langs die roete vertoon. Die koste om deel te neem aan die sakeaflos beloop R150 per drafspan en R00 per stapspan.
Daar kan in verskillende afdelings deelgeneem word: Draf (ses per span), of Stap (vier per span). Elke lid van 'n span lê slegs 2 km af. Gemengde spanne van mans en dames (2 van elk) kan ook saamgestel word.
Hoërskole, laerskole en perone met gestremdhede mag ook deelneem. Slegs 100 spanne kan in dié sakeaflos geakkommodeer word, en staat- en semi-staatsinstellings soos die SANW, SAPD, hospitale, paaie, binnelandse sake, en Oudtshoorn-munisipaliteit word uitgedaag om spanne in te skryf. Instansies mag meer as een span ingeskryf.
Alle deelnemers van spanne wat klaarmaak ontvang bronsmedaljes, terwyl die wenspanne in elke kategorie goue medaljes ontvang. Heelwat ander pryse sal ook op die spel wees.
Gideon Badenhorst, Oudtshoorn-sakekamer se voorsitter, het namens die sakekamer hul volle ondersteuning toegesê aan die projek.
Atlete in afwagting tydens verlede jaar se sakeaflos. Foto's verskaf
Verskeie besighede het hulle alreeds verbind, en uitnodigings sal binnekort na alle belanghebbendes gaan.
Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit speel ook 'n groot rol in die logistiek en beheer van die verkeer.
Inskrywingsvorms kan by die Eden Sport-akademie (De Jager Sportkompleks) en die Oudtshoorn-toerismeburo (regoor munisipale gebou in Voortrekkerweg) gekry word, en ook daar ingehandig word. Dit kan ook na davesusvdw@gmail.com ge-epos word, of by die KKAF se Facebook-blad afgelaai word.
Kontak Dave van der Walt by 082 774 4901 vir meer inligting.
Hierdie span het verlede jaar besluit om in 'n 'halloween' kostuum deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'