SUID-KAAP ATLETIEKNUUS - Drie atlete van die Suid-Kaap, Lloyd Bosman (George), Francois Maquassa en Gershwill Jacobs van Oudtshoorn, het die afgelope naweek die 10 km Groot Brak-wedloop gedomineer.
Bosman het eerste geëindig in 'n tyd van 29 minute en 49 sekondes, gevolg deur Maquassa wat sowat een minuut na Bosman klaargemaak het.
Jacobs was in die derde plek met 'n tyd 32 minute en 14 sekondes.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'